Twee skoliere sterf in Oos-Kaap-botsing

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Twee skoliere is Maandag dood in ʼn busongeluk in Mount Fletcher in die Oos-Kaap.

Unathi Bhinqosa, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê ʼn 22-sitplek-bus het kort voor 08:00 op die R56 in Mount Fletcher in die rigting van Matatiele omgeslaan.

Die twee meisies, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, van Ramafula Senior Secondary School, is op die toneel dood verklaar. Nog twee persone is in ʼn kritieke toestand. Agt leerders het verskeie ander beserings opgedoen. Hulle is na Tailor Bequest-gedenkhospitaal geneem.

Die bestuurder van die bus het beheer verloor oor die voertuig, aldus Bhinqosa. Altesaam 21 persone het in die bus gery. “Die bestuurder was vermoedelik onder die invloed van alkohol. Spoed word ook as ʼn oorsaak van die ongeluk ondersoek.” Die busbestuurder is in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur, roekelose bestuur en strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.