Twee meisies is Woensdagoggend in twee afsonderlike voorvalle in Johannesburg en Pretoria doodgery.
In die jongste voorval is ʼn meisie, tussen ses en agt jaar oud, dood nadat sy deur twee voertuie getref is. Een van die voertuie het glo van die toneel weggejaag.
“Die voorval het omstreeks 07:40 op die R512 naby Lanseria, noord van Johannesburg, plaasgevind,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die meisie was besig om skool toe te stap toe sy deur die eerste voertuig getref is. Dié voertuig het glo van die toneel gevlug. ʼn Tweede motor het die kind ook getref. Dié bestuurder het probeer uitswaai om die botsing te vermy, waarna sy beheer oor die motor verloor en in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom het.”
Die meisie is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen en is na die Life Fourways-hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.
Die ander voorval het omstreeks 07:10 in Nellmapius, naby Mamelodi in die ooste van Pretoria, plaasgevind.
“Die tienjargie meisie was besig om skool toe te stap toe ʼn voertuig haar in Alwynweg getref het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, aan Maroela Media gesê. Die meisie is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek albei voorvalle.
Dit is so tragies, my simpatie aan die families betrokke. Dit is omdat daar meer aandag aan HARE by skole spandeer word as aan vervoer vir kinders wat skool toe moet gaan in die oggende. Die Ministers trek eerder op na die skole waar daar oor hare gekla word as waar kinders wat nog die moed het om kilometers skooltoe te stap doodgery word. Waar is ons regering se prioriteite .. wat van busse wat kinders skooltoe vat? Wat van aandag daaraan skenk, nee dis lekkerder om oor hare te gesels en oor swempette en tjol.
Jy is so in die kol, Jeanne!
Jeanne jy slat die spyker so op die hare ag sorry op die kop baie sterkte aan familie jul het albei n baie dapper mensie verloor wat maar net skool toe wou gaan
Hoe verskriklik. Dis om van gek te word. Alles en almal is buite beheer.
Dis tragies.
Inderdaad, Jeanne. Dit is baie tragies.
DA, noudat julle regeer, wees genadeloos met mense wat padreels verontagsaam. Dis al wat sal help.
Tragies vir die twee dogters en familielede.
Daar moet baie aandag geskenk word om alle mense meer bedag te maak daarop dat hul op sypaadjies moet loop. Daagliks swenk mens uit vir voetgangers wat in die pad loop. Die paaie is baie besig en kan ‘n motoris nie altyd uitswaai na wense om ‘n brose mens te probeer mis in die paddeel nie. Dit moet in skole ook verkondig word – daagliks. Al verveel dit almal – dit kan lewens red, want ‘n pad is nie vir ‘n voetganger se stap bedoel nie al is dit groter en dalk meer gelyk as die sypad?
Ai waar is die dae toe daar nog goeie ou skoolbusse was.