Twee skuldig aan JHB-vrou se moord, verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge skuldig bevind aan die moord, verkragting en roof van Tracey-Lee Martins.

Kyle Fredericks en Shinawaaz Ahmento, albei 21 jaar oud, gaan na verwagting Woensdag deur regter Louis Vorster gevonnis word, berig The Star.

Die skuldiges het verlede jaar in Martins se huis in Klipspruit-Wes ingebreek om haar te beroof om geld vir dwelms te kry. Ahmento het Martins verkrag terwyl sy in haar bed was. Volgens die koerant het hy gereeld Martins se huis besoek. Fredericks het Martins met kouse verwurg en dit na die tyd in ʼn drein gegooi.

Martins se driejarige seun en 74-jarige ma was tydens die voorval in die huis. Ahmento het die bejaarde gewurg, maar sy het die aanval oorleef. Sy is ook beroof voor die twee uit die huis gevlug het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.