Twee skuldig aan ma van vier se verkragting, moord

Argieffoto

Argieffoto

Tsietsi Joseph Nketsi (31) en Thabo Clement Makhele (27) sal Vrydag gevonnis word nadat hulle in die Bloemfonteinse hooggeregshof skuldig bevind is op aanklagte van roof, verkragting en moord.

“ʼn 52-jarige vrou, ʼn ma van vier, was tussen 18:00 en 19:00 op 17 Augustus 2014, van ʼn staproete op pad om by haar kêrel te gaan kuier wat op ʼn nabygeleë plaas in die Van Stadensrus-distrik woon,” het konst. Mpakane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hulle het die vrou agtervolg, haar verkrag en haar met haar handsak se band verwurg. Hulle het haar ook beroof.”

Die vrou is op die toneel dood verklaar. “Skoolmeisies, wat by die staproete gestaan het, het die voorval sien gebeur. Hulle het dit by die polisie aangemeld en die twee verdagtes is in hegtenis geneem.”

Die mans se aansoek om borgtog is destyds afgekeur en hulle het in aanhouding gebly tot hul skuldigbevinding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.