Twee skuldig aan moord op bejaarde

Peter Henson se liggaam is in 2019 in sy huis ontdek (Foto: Verskaf)

Byna twee jaar ná die moord op Peter Henson (80) is twee mans Maandag in die rondgaande hof in Knysna, Wes-Kaap, skuldig bevind aan sy moord.

John McCombi en Henri Molligan is ook skuldig bevind op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die twee beskuldigdes wel vrygespreek op ʼn klag van huisbraak met die doel om te roof en te moor.

Henson se liggaam is op 16 September 2019 in sy huis in Paul Kruger-straat in Sedgefield aangetref.

Maroela Media het vroeër berig ʼn lid van die gemeenskap het die betrokke aand Henson se hond alleen in die straat sien rondloop. Hy het onraad vermoed en na Henson se huis gegaan om ondersoek in te stel. Dit is toe dat hy Henson se liggaam op die vloer aangetref het.

Henson se hande was agter sy rug met ʼn lint vasgebind en ʼn lap was in sy mond gedruk.

McCombi en Molligan het in die hof getuig hulle het toegang tot Henson se huis verkry en hom oorval, gewurg en vasgebind. Hulle is daarna met onder meer ʼn DStv-dekodeerder, ʼn mes en ʼn persoonlike dagboek van Henson vort.

Verdere ondersoek het die polisie na Smutsville in Sedgefield gelei, waar hulle die gesteelde goedere aangetref het. McCombi en Molligan is op die plek in hegtenis geneem.

Volgens Ntabazalila het die vonnisverrigtinge Dinsdagoggend afgeskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elmarie ·

Dit is hartseer om te sien hoe min ‘n lewe in Suid Afrika werd is.

E ·

‘n dagboek, dit is werklik ?? Iemand vermoor vir ‘n dagboek, hulle gaan baie tyd in die tronk he om dagboeke te skryf.

Prontuit ·

wil jy nou regtig vir my se daai onbenullige paar goed het sy moord geregverdig???? ek is seker op 80 sou hy nie eers ‘n geveg opgesit het nie!!! ek hoop hulle vrot in die tronk

Misky ·

Jou lewe vir ‘n dstv dekodeerder (wat absoluut niks beteken nie), ‘n mes en dagboek….. wat besiel mense?

Pieter ·

Die anc land se regstelsel is n grap oor n twee maande kry hulle mediese parool.

Mariana ·

En regverdig daai goed dan nou iemand se dood. Hoop hulle kry goeie lang straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.