Twee skuldig aan moord op boer

court-hammer_thumbTwee mans van KwaZulu-Natal is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Peter Hackland, ʼn boer van Ixopo.

Regter Portia Poyo-Dlwati het bevind dat Nkosinathi Mngadi (29) en Sifiso Ngubane(24) na Hackland se plaas is waar hulle sy dogter, Louise Hartwig, aangeval het en hom doodgeskiet het. Die voorval het in Mei 2013 plaasgevind.

Die hof het gehoor dat Hartwig binne die huis besig was toe sy haar 61-jarige pa buite hoor skree het. Hartwig het ondanks die feit dat daar gewapende mans was na buite gehardloop en op die verdagtes geskree. Hulle het haar terug in die huis in geneem en aangerand voor hulle haar gedwing het om die kluis oop te sluit.

Hackland is in die huis doodgeskiet. Een van die beskuldigdes het Hartwig se ouma (Hackland se skoonma) met pepersproei in haar oë gespuit.

Poyo-Dlwati het gesê Hartwig was baie braaf en het haar pa probeer red. Hackland was nou betrokke in sy gemeenskap en het plaaslike gemeenskapslede bygestaan.

Vonnisoplegging sal op 22 Oktober begin.

Klik hier om vorige berigte oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ivan ·

Asseblief ! ! straf hulle so swaar dat dit n boodskap kan uitstuur. Ag hoe lekker droom ek nou.
Sal seker so lig daarvan afkom dat dit n aanmoediging is vir andere om ook so te maak om gratis kos en bly plek te kry, terwyl ONS vir die “rubbish” moet betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.