Twee skuldig bevind oor mediese tenderbedrog

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Archibald Mojaki Seboko (37) en Fako Jim Khanoka (33) is in die Kimberley-landdroshof skuldig bevind en gevonnis op aanklag van bedrog.

“Dié twee beskuldigdes is deel van ses beskuldigdes wat in Junie 2018 in verskeie plekke in Johannesburg, Bloemfontein en Kimberley in hegtenis geneem is tydens ʼn gesamentlike operasie met die bystand van die taktiese reaksie-eenheid,” het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) gesê.

Die persone is in hegtenis geneem ná bewerings van growwe onreëlmatighede by die Noord-Kaapse departement van gesondheid in die toeken van verskeie infrastruktuur-tenders tussen 2018 en 2016 sonder om die nodige prosesse te volg. “Minstens R11 miljoen is glo tussen ses maatskappye gedeel wat met die ses verdagtes verbind word, om mediese toerusting aan te skaf” het Mnisi bygevoeg.

Seboko het skuld beken en op agt aanklagte van bedrog moet hy ʼn boete van R10 000 betaal of drie jaar tronkstraf uitdien. Hy is ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir drie jaar opgeskort is. Op sewe aanklagte van bedrog moet hy ʼn boete van R20 000 betaal of ses jaar tronkstraf uitdien. Hy is tot ʼn verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir ʼn periode van drie jaar opgeskort is. Hy is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Seboko het skuld beken en op verskeie aanklagte van bedrog moet hy ʼn boete van R30 000 betaal. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir drie jaar opgeskort is. Hy is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Khanoka het ook skuld beken en op verskeie aanklagte van bedrog moet hy ʼn boete van R40 000 betaal. Hy is ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir ʼn periode van drie jaar opgeskort is. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blikke ·

ń Boete van R60 000 en R40 000 onderskeidelik met opgeskorte vonnis is seker nie te sleg as jy R11 000 000 in die proses gemaak het nie…miskien moet ek dit ook oorweeg….

Hennie J ·

n Vonnis is ook veronderstel om ander af te skrik om dieselfde misdaad te pleeg. Hierdie lagwekkende vonnisse is n aanmoediging en behoort op hersiening geneem te word!

Karina ·

Vat ook maar lank om beskuldigdes te vonnis, dan met so bietjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.