Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir twee verdagtes wat glo ʼn egpaar aan die Oos-Rand beroof, en die man vermoor het.
Lt.genl. Solomon Makgale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mans kan moontlik verbind word met die voorval wat verlede jaar in Bedfordview plaasgevind het.
“Die mans het glo by ʼn huis in Wedgewood Green ingebreek en die egpaar aangehou. Hulle het glo die man vermoor, waarna hulle met ʼn selfoon en ʼn ring gevlug het,” het Makgale gesê.
Die een verdagte is in sy 30’s en is sowat 1,80 meter lank. Hy is slank en het kort oranjekleurige hare. Die ander man is in sy 20’s. Hy is nagenoeg 1,68 meter lank en het ʼn vuurwapen by hom gehad.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof. Die verdagtes kan moontlik ook met ander voorvalle in die area, wat tussen Junie en Desember plaasgevind het, verbind word.
Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan, kan Crime Stop by 08600 10111 skakel.
Genade! Dat ‘n mens nou vermoor word vir ‘n ring en ‘n selfoon. Hoe desperaat moet ‘n mens wees?