Twee Spar-werkers, wag in hof vir moord

Die drie verdagtes (Foto: Skermgreep eNCA Twitter)

Twee werknemers van ʼn Spar in Carolina en ʼn veiligheidswag het vlugtig Maandag in die Carolina-streekshof in Mpumalanga verskyn op aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering.

William Viljoen (32), ʼn assistentbestuurder, Hannes Terblanche (29), ʼn ontvangsbestuurder, en Obi Nortjie (32), ʼn veiligheidswag, is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo twee mans op 14 Augustus ontvoer en in ʼn stoorkamer in die Spar-winkel met ʼn ysterpyp aangerand het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê die twee mans, Thulani Sibanyoni (35) en Thabiso Sibanyoni (22), het glo ʼn kollega van die verdagtes in die Spar-winkel beledig waarna die verdagtes hulle na die stoorkamer geneem en aangerand het.

Thulani is ná die voorval na die hospitaal geneem waar hy op 1 September aan sy beserings beswyk het.

Volgens Nyuswa het die beskuldigdes hul borgtogaansoek laat vaar en is die saak tot 16 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Intrax Investments, die maatskappy wat die Spar in Carolina besit, het gesê die twee bestuurders is geskors.

Mark Begley, die besturende direkteur van Intrax Investments, het gesê hulle is geskok oor die voorval en hartseer dat iemand gesterf het. “Ons sal aanhou om die polisie met hul ondersoek te help waar ons kan, asook die familie in hierdie moeilike tyd by te staan.”

Die veiligheidsmaatskappy aan diens ten tyde van die voorval is intussen vervang.

Begley het bevestig dat die winkel weer vandag heropen het nadat dit gister gesluit was as teken van respek en berou terwyl die begrafnis van die oorledene gehou is.

“Intrax bevestig ná sy proaktiewe betrokkenheid by die gemeenskap en sy vinnige optrede om die betrokke personeellede te skors, die bestuur te vervang en die veiligheidsonderneming wat ten tyde van die voorval aan diens was, af te dank, het die gemeenskap ingestem dat daar geen beswaar sal wees teen die heropening van die winkel vandag nie.”

Begley sê Intrax het geen verdere besonderhede oor die voorval nie en die senior bestuur is nie oor die voorval ingelig nadat dit plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stofdonkie ·

14 Augustus en die persoon is oorlede 1 September? Hierdie klink vir my meer na mediese nalatigheid as moord.

Stofdonkie ·

Volgens die opskrif wag die twee spar werkers in die hof vir ‘n moord maar as ek die artikel lees dan kom mens agter dat twee spar werkers en ‘n wag in die hof is vir moord

Agge nee ·

Kan ‘n mens so verskriklik dom wees? Hier kom ‘n media rasse sirkus.

Anel ·

MM, verander net bietjie julle opskrif. Dit klink of die werknemers wag dat ‘n moord gepleeg moet word. Skuif net die komma.

Pieter ·

Wanneer sluit ons die land vir al die plaasmoorde. Weet hulle is so wintgat en kry pak. Ek se nie die is reg nie, maar dinge ruk handuit.

Pieter ·

As dit nou n plaas boer was dan is dit maar ok. Ek dink hy het gesterf want die staats hospitale vrot die rotte hardloop orals rnd

Realis Thailand ·

Eerstens dis nie mediese nalatigheid soos die een kommentator se nie maar blatante moord en ek weet nie waar die persoon aan mediese nalatigheid kom nie seker maar onkunde aangaande die reg
Die klomp ,as hulle skuldig bevind word, gaan lank gevangenis toe en verder gaan die affere weer opgeblaas word hoe rassisties die witmense is

christo ·

My oorlede pa het gepraat van ‘Kroonwild’. Werkgewers moet die grieweprosedure aan werknemers verduidelik en dit toepas.

AH ·

Ek stem saam met jou oorlede Pa oor die “kroonwild”. Alhoewel die blanke Suid-Afrikaner besig is om uit te sterf en ook nog uitgedun word, sal sulke optrede nooit geregverdig kan word nie. Die beskuldigdes het sowaar die domste ding gedoen en moes maar die regte prosedures gevolg word.

LANA is ELANè ·

En ek neem aan die gemeenskap is ons eie rooi berette? Hulle bepaal mos wie besigheid mag doen en wie nie sonder dat hulle enigsins belangstel in geregtelike ondersoeke ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.