Twee speurders vas oor ‘omkoopgeld’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Adjudant-offisier en sersant van die Mangaung-speurdiens in die Vrystaat, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo R100 000 se omkoopgeld van ʼn verdagte in ʼn diefstalsaak ontvang het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee polisiebeamptes moes die diefstal van ʼn trekker ondersoek. Nadat hulle die verdagte in die saak geïdentifiseer het, het hulle hom nie in hegtenis geneem nie, maar eerder R100 000 se omkoopgeld geëis om die saak te vernietig.

“Die verdagte het R30 000 aan die beamptes oorhandig en met hulle ooreengekom hy sou later die res van die geld betaal,” het Mulaudzi gesê.

Die Valke se teenkorrupsie-eenheid het egter van die ooreenkoms te hore gekom en het die beamptes by ʼn bank in Hertzogville voorgelê, waar hulle die res van die geld sou ontvang. Die R70 000 in kontant is tydens hul inhegtenisneming in hul besit gevind.

Volgens Mulaudzi is aanklagte van korrupsie en uitlokking van omkopery teen die beamptes aanhangig gemaak. Hulle sal vandag in die Hertzogville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buitestaander ·

Die arm beamptes wat ‘n honger loon ontvang, wat net hul. Inkomste wou verhoog gaan nou tronk toe gestuur word. Is dit so erg? Hulle gesine gaan nou honger ly in die koue.

honger loon ·

Baie van ons ontavng honger loon, maar ons verstand se waardeer dit want dis ons enigste Moenie gierig wees

Lance ·

Gebeur so gereeld dis al die norm en verbaas mens gladnie ….dit ontaard al in n kultuur

Irene ·

Tronk toe haha jy kan hom nie vertrou nie
Wonder wie die eienaar van die trekker is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.