Twee speurders vas vir beweerde korrupsie

(Foto: SA Polisie)

Twee Gautengse speurders het Woensdag vlugtig in die Vosloorus-landdroshof verskyn nadat hulle glo omkoopgeld van ʼn verdagte geëis het.

Konst. Reginald Mnyandu (40) en sers. Tsepo Joseph More (47) het glo R1 000 van ʼn man wat met gesteelde goedere betrap is, gevra sodat hulle hom nie in hegtenis neem nie.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die persoon het die voorval dadelik by die Valke se kantoor in Germiston aangemeld.

ʼn Lokval is onder leiding van die polisie gestel en die man het aan die betrokke beamptes gesê dat hy hulle later in die dag by ʼn winkelsentrum in die gebied sou ontmoet om die geld te betaal.

“Die speurders het die klaer ontmoet en hy het die geld vir hulle gegee, waarna die polisie hulle in hegtenis geneem het,” het Mulamu gesê.

Die saak teen hulle is tot volgende maand uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Harry ·

Mooi so SAPS. Jy gaan altyd skelms in enige onderneming he. Vang hulle en jy wys jy maak huis skoon. Werklik goeie nuus!

Niklaas ·

Hierdie klas ding gebeur darem net erg baie deesdae. Daar sal ook nie sommer vermindering hiervan in die toekoms wees nie.

Renier ·

As die SAPS moet huis skoon maak gaan daar bitter min oorbly.

Anel ·

Hulle is seker ook klaar op R100:00 vryglaat en gaan seker aan met hulle werk.

SomeOne ·

hoeveel voorbeelde was daar nie al gestel nie, maar as van hulle $$$$$ sien, verlaat hulle verstand hulle

JohanR ·

Hoe kan polisiemane, en nogal speurders ook soe dom wees? Daar is nie meer standarde as dit kom by probeer by die polisie aansluit nie. Vroer jare moes jy ‘n sekere gewig, sekere lengte, sekere kwalifikasies he, en dan is jy nog sielkundige deur gekyk om te sien of jy geskyk is vir die soort werk. Jou agtergrond is ook ondersoek. Hoeweel polisiemanne is nie al by transito rowery gevang nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.