Twee stappers verdwaal in KZN-natuurreservaat

Die NSRI Port Edward het dié grafika verskaf om te wys reddingsbeamptes Saterdag deur die nag op die roete geposisioneer was

Die NSRI Port Edward het dié grafika verskaf om te wys reddingsbeamptes Saterdag deur die nag op die roete geposisioneer was

ʼn Soektog duur voort na twee stappers wat tydens slegte weer in die Umtamvuna-natuurreservaat naby Port Edward in KwaZulu-Natal verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.

“Die NSRI Port Edward-reddingspan het Saterdag net ná 20:10 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se soek- en reddingspan aangesluit,” het John Nicholas, Port Edward NSRI-stasiebevelvoerder, gesê. Plaaslike boere, GB Med Security en die Ezemvelo KwaZulu-Natal-natuurpark se natuurbewaarders het ook aan die soektog deelgeneem.

Die twee vermiste persone, ʼn dokter van Amanzimtoti en ʼn pastoor van Durban, was op een van die “Long Walk”-roetes en moes al omstreeks 16:00 teruggekeer het. “Toe hulle egter nie opdaag nie, het hul gesinslede hulp ontbied,” het Nicholas verduidelik.

Die soektog het deurnag voortgeduur, maar daar was geen teken van die twee mans nie. Die polisie se honde-eenheid het Sondagoggend by die soektog aangesluit.

“Daar kon Sondagoggend kontak gemaak word met die twee stappers en ons het bevestig hulle is veilig, maar hulle het op die Nkonka-roete in digte mis en reën verdwaal.”

Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ora ·

Ons stap gereeld daar. Baie veilig mits die weer saamspeel en jy by die aangewese roete bly. Nkonka moeilik want dit word nie so goed onderhou nie en raak onbegaanbaar plek-plek. Bly hul is veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.