Twee sterf, 16 beseer toe taxi en motor bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en minstens 16 ander beseer tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en minibus-taxi op William Nicol-rylaan in Johannesburg Saterdagoggend.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici op die toneel opdaag, het talle beseerdes oor die toneel versprei gelê nadat hulle vermoedelik uit die taxi geslinger is. Sommige passasiers was steeds in die voertuie vasgekeer.

“Daar was ongelukkig niks wat vir een volwassene en een kind gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê. Brandweerbeamptes het gehelp om ander passasiers uit die wrakke los te sny. Hulle is op die toneel behandel en na verskillende hospitale gehaas.

“Die polisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek,” het Bodasing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

kobus ·

Drank,Spoed,gladde bande,verontagsaam padreels, roekelose en nalatige bestuur,onoplettendheid en selfone dra by tot padongelukke. Wanneer gaan dit stop eendag.

Knersus D ·

Amper reg Kobus – as jy al jou oorsake saamrol dan word dit…..Mini Taxi’s!!

Hannelie ·

Metro polisie beamptes moet by robots staan en sien hoe ry taxis voor ander voertuie in veral in spits verkeer. Hulle maak die eiland gedeelte nog ‘n baan dis skrikwekend.

Icey ·

Hier op die kruising van “Hans Strydom” en Lynnwood doen die Taxi’s dieselfde. Hulle gee nie om wie in daai kar ry nie. Dit kan n dag oue baba of ouerige mens wees maar jaag en verby kom wil hulle 1ste. Wens so die Metro of Polisies wil so bietjie rond beweeg en kyk is gewone klere. Hulle sal verbaas wees wat hulle gaan uitvind.

René ·

Ek ry daardie oad amper elke dag en dis jammer om te se maar metro staan en kyk toe hoe die taxis jaag en net ry soos hulle wil. Hulle is padvarke man.

Hannetjie ·

Haal die taxi’s van die pad af. Sit meer busse op. Taxi’s is n gevaar op die pad en neem onskuldige lewens.

Eduard Wansbury ·

Ek ry die N 2 amper elke dag van my lewe van Somerset Wes na die Kaap dis iets verskrikliks hoe die taxi bestuurders ry hulle het geen respek nie draai voor jou in drik jou van die pad af .Hulle maak net wat hulle wil en as hulle blou ligte sien dan is hulle stroop soet asof niks gebuer het nie . Ek stem saam iets moet gedoen word hoop net die regte mense lees ons komentaar

Wiebo ·

Ek ry al vir 6 weke elke dag taxi in Pretoria na Cullinan, want my kar het gebreek. Wil net se julle moet ophou om taxi’s so te kritiseer. Hulle ry meestal ordentlik. Ek sit hoog in die taxi, en sien baie goed in die karre langs my. Wit vrouens wat sit en sms terwyl hulle bestuur, en mense met karre wat soos varke ry wat op hul selfone is. Dis glad nie erg of onveilig om taxi te ry nie.

Theresa ·

Die meerderheid taxi bestuurders hanteer die voertuig soos ‘n moordwapen.
Sien deesdae busdrywers ook maak soos die taxis. Stop skielik net waar hul wil.
Puik idee om alle taxi’s van die paaie te verwyder.
Begin van vooraf mense keur, oplei en slegs diegene wat ‘n baie steng keuring vir publieke vervoer slaag, mag dié werk doen.
Dis bog dat mense daagliks moet wonder of hul veilig by hul bestemming sal aankom, omdat hierdie bestuurders doen wat hul wil. Bo-op sypaadjies, heeltemal te vinnig, arrogant, baie maal duidelik gerook, skiet heen-en-weer in verkeer en maak u-draai net waar hul wil. Als ten koste van goeie orde, veiligheid en bewys van eie waan en disrespek vir lewe.
Haal hul af!

Theresa ·

Ja, laat verkeersbeamptes (dié wat nog geregtigheid wil toepas) sonder uniform in taxi’s ry. Dit behoort ongelooflike gevolge te hê binne die eerste uur van die rit.
Sodoende behoort dit maklik te wees om honderde agter die stuur te verbied.
Nuwes te werf en op te voed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.