Twee sterf, 26 beseer toe trok omslaan

Nooddienste het hulp op die toneel verleen waar die vragmotor in die noorde van Bloemfontein omgeslaan het. Foto: Verskaf

Twee mans is dood en sowat 26 mense beseer toe ʼn vragmotor Maandagoggend in Christo Groenewaldstraat in die noorde van Bloemfontein omgeslaan het.

Toe paramedici van ER24 en beamptes van provinsiale nooddienste omstreeks 07:30 by die toneel in Northridge opdaag, het hulle die vragmotor op sy dak aangetref. Talle passasiers wat agterop die vragmotor gereis het, het oor die toneel versprei gelê.

Na verneem word, het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor waarna dit deur ʼn muur gebreek en gerol het.

Terwyl paramedici die pasiënte op die toneel behandel het, het hulle drie mans aangetref wat nog in die wrak vasgekeer was. Twee van hulle het toe reeds aan veelvuldige beserings beswyk. Die derde man was in ʼn kritieke toestand.

Noodreddingsbeamptes het nog sowat 25 beseerdes op die toneel behandel vir beserings wat van gering tot ernstig gewissel het. Almal is vir behandeling na die Pelonomi- provinsiale hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marous ·

En daar is wetgewing wat dit verbied maar niemand pas dit toe nie ! Biljoene vir POF uit die belasting betaler se sakke as gevolg daarvan …elke dag .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.