Twee sterf, 28 beseer in N1-botsing

Die ongelukstoneel op die N1. (Foto: TMPD via Twitter)

Twee mense is dood en 28 na bewering beseer toe ʼn bus en ʼn vragmotor Donderdag in die vroeë oggendure op die N1 Suid tussen Wallmannstal en die Petropoort noord van Pretoria gebots het.

Volgens inligting van die Gautengse verkeerspolisie op sosiale media het die botsing omstreeks 04:45 gebeur. Die vragmotor was besig om sand te vervoer toe die botsing plaasgevind het. Luidens die inskrywing was vier van die beseerdes in ʼn kritieke toestand.

Die pad is gesluit terwyl owerhede op die toneel besig was. Verkeer is via die R101 deur Wallmannstal herlei.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die provinsiale verkeerspolisie in Gauteng, het Maroela Media se navrae na die Tshwane Metropolisie (TMPD) verwys. Die woordvoerder van die TMPD kon egter ondanks verskeie pogings nie telefonies bereik word nie.

Die TMPD het op sy amptelike Twitter-profiel ʼn beroep op motoriste gedoen om die toneel te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Db ·

Werklik moet almal op die TMPD se twitter profiel gaan kyk wat daar aangaan! Wie stel belang om op sy profiel in te gaan en te kyk watter twak kwytgeraak word. Het nie die moed om die telefoon te antwoord nie as jy my vra of slaap nog bietjie want dit is nog vroeg

marous ·

Dalk het die verteenwoordigers baie vroeg opgestaan maar is nog besig met ontbyt en kan net teks want die monde is vol . Weet nie…..

Melanie ·

Die gesig is alledaags. Voor sondonder sal daar ten minste nog twee sulke ongelukke wees. Ek voel baie sleg wanneer daar kinders by sulke ongelukke beseer word of hulle lewens verloor. Daar bestaan nie meer iets soos reels en regulasies in SA nie.

? leser ·

dit verbaas my glad nie vir sulke ongelukke nie, reg van agter
gaan kyk maar hoeveel trokke met sleepwaens se agterligte werk nie, die terugkaatsende (chevron) plaat is nie eers daar nie, nog minder die verpligte weerkaatsende geel streep wat opgeplak MOET wees nie

Elize ·

Die betrokke padgebruikers van die nuwe SA het geen saak met ander motoriste, padverkeerstekens en/of -regulasies nie. Hulle ry soos hulle wil. Hulle voertuie is onpadwaardig. Ek het net ‘n ruit wat gekraak is dan word ek afgetrek en aangemaan daaroor. Ek ry daagliks by sulke onpadwaardige busse/vragmotors/motors verby en kan net my kop skud. Van hulle kan nie eens 20km per uur haal nie, maar hulle is nog op die pad. Hoe werk dit? O ja, dit is mos ‘n wit en swart storie soos altyd.

Chris Ws ·

Hoe de joos gebeur SO ‘n “ongeluk” op ‘n snelweg??Was iemand aan die slaap?Baie beslis!Ek sal my voete NOOIT op enige passasiersbus in die’ land sit nie!Dis moeilikheid soek.

Lou ·

04:45 nog donker. Trok se sleepwa ligte het heel waarskynlik nie gewerk nie en die trok het of gestop of baie stadig gery en die bus dalk te vinnig. Dit is defnitief moontlik want die ongeluk het gebeur.
TMPD beamptes is ook lief om soos wafferse atlete oor die pad te draf om voertuie in die vinnige baan voor te keer. Ek moes al ‘n paar keer kwaai rem om moeilikheid te vermy agv van hulle gierigheid om nie ‘n burger of hoender porsie geldjie te mis nie.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

Onthou net….daai ou wat jou drive-through take-aways elke keer verkeerd pak en dit eers half regmaak as jy dit self double-check….dis dieselfde ou wat more so bus/taxi bestuur en ook dag na dag dieselfde foute oor en oor doen….tot die dag wat daai vuil gewoontes jou inhaal…soos n “lane change” in n sirkel.

Geen wonder hordes vrek op die paaie nie….kyk maar begin May maand waar staan daai dode-tal…

.
.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.