Twee sterf in aanval op Pta-kleinhoewe

Nadia Treeby en Gavin Wolfswinkel. Foto: Facebook.

Nadia Treeby en een van die slagoffers Gavin Wolfswinkel. Foto: Facebook.

Twee mans, wat op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-gebied oos van Pretoria gewoon het, is Sondagaand koelbloedig deur drie verdagtes vermoor.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die Boschkop-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê drie gewapende verdagtes het omstreeks 19:45 toegang tot die kleinhoewe gekry deur ʼn gat in die heining te knip.

“Die alarm het afgegaan en die eienaar van die huis, ʼn 32-jarige man, het gaan ondersoek instel terwyl sy verloofde in die huis gebly het,” het Van der Merwe gesê.

ʼn Werker, wat naby die hoofhuis op die kleinhoewe gebly het, het ook die alarm gehoor en gaan ondersoek instel.

“Hulle is buite deur die verdagtes oorweldig. Die werker is in sy bors geskiet en die eienaar is in die kop geskiet. Albei mans is op die toneel dood.”

Die vrou het intussen hulp ontbied en die buurtwag en polisie het reageer. Die moordenaars het op die vlug geslaan sonder om enigiets te steel.

“Die polisie se honde-eenheid is ontbied en het probeer om die verdagtes se spoor te kry, maar dit was onsuksesvol. Die soektog na die verdagtes het vanoggend [Maandag] hervat.”

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Van der Merwe het gesê dit was die eerste voorval in ʼn lang tyd in die Boschkop-gebied waar inwoners vermoor is.

Lees die opvolgberig hier: Jong man kort voor troudag op Pta-kleinhoewe doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cor ·

mnr.. not cool..kry hulle ..vat hulle mar vas.
2015/11/15 cor

Australia ·

Ja nog n jongman het met sy lewe geboet. Sterkte aan die familie en sy verloofde

pop ·

Dan praat almal en is geskok oor die slagting in Parys. Wat van die slagting daagliks hier ter plaatse.

Johann Marx ·

129 mense dood in Frankryk….en die hele wêreld staan geskok in meegevoel, en bied hulp aan om hierdie daad te vergeld. In Suid Afrika word 53 mense per dag vermoor, 106 in twee dae, 159 in drie dae……….en NIEMAND sê ‘n woord nie. In Frankryk is dit terrorisme, in Suid Afrika is dit misdaad.

Knersus D ·

Tekens van die tye, maar hierdie boertjie skiet eerste – sonder om eers vrae te vra .

Dorothy ·

Wat!!! Hulle is gereel daar doenig. My dogter hulle bly ook daar hulle het haar so 4 maande terug ingewag, het op haar geskiet die bullet is net net verby haar gesig het net haar lip geraak. En dit was in die dag en Bochkop polisie het eer 3 ure daarna opgedaag. Dank die Here sy kon daarin slaag om weg te jaag. En hulle was laas jaar ook met wapens aan gehou en beroof. En die Bochkop polisie was toe net so pateties.

vermeende ·

Met 911 sterf 5000 mense en Amerika gaan in ‘n 10jaar oorlog in om die aanval te wreek.
In Parys sterf 129 mense en die Franse stuur veg vliegtuie om die aanval te wreek.
In SA word 24 000 boere dood gemartel en verkrag, die wereld kyk ander pad en ons volk se niks.
Praat nou van dubbele standaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.