Twee sterf in Alberton-ongeluk

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Twee mense is Dinsdagoggend dood en talle beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het in Alberton aan die Oos-Rand gerol het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het vroegoggend op die R59/N12 plaasgevind.

“Die bestuurder van ʼn minibustaxi het beheer oor die voertuig verloor waarna dit verskeie kere gerol het. Dit het ʼn paar meter van die pad af teen ʼn steilte tot stilstand gekom,” het Bodasing gesê.

Die twee mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het nadat hulle uit die taxi geslinger is. Hul liggame is ʼn paar meter ver van die wrak af aangetref.

“Een mens is kritiek beseer en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word.”

Agt mense het matige beserings opgedoen en is met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir  verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Peter ·

Hoe vinnig het die taxi nie wee gery nie. Alle taxis het stickers opgeplak wat aandui hulle ry net 100km/h maa mens moet soms tot 130km/h ry om by hulle te bly. Hulle besef nie dat hulle in beheer van ander mense se lewens is nie.

Elmien ·

Dit gaan maar so aan hou totday daar strenger reels toegepas word op taxis. Hulle maak en breek nes hulle wil, en dit reg voor polisie beamptes! Ek voel verskriklik jammer vir die passasiers, maar met die bestuurders het ek geen geen simpatie nie.

Annie ·

Soos altyd die saak word ondersoek, hoekom julle tyd mors, hy het soos al die ander taxix bestuurders te vinning gery, bande was glad, remme is nie goed nie, Hulle ry soos hulle wil, hulle is ook te dom om te besef hoeveel mense se lewens hulle in gevaar stel, vir hulle gaan dit om die geld.

Scalla ·

Die vorige ondersoek het bevind dat die moer wat die stuur meganisme vas hou, het losgekom.

Willie ·

Soos die Unies, bestuur die Taxi’s die land… Die regering is te bang om die Taxi industrie aan te tree….

Rupert Ashford ·

Helfte van Taxi eienaars is in die parlement, of in die bestuur van cosatu, of betaal een van eersgenoemde.

Hannelie ·

Stem 100% saam met jou Willie. Die taxi’s is nes ons regering. Hulle mag maak net wat hulle wil en kom niks oor nie.

Hettie ·

Taxibestuurder besef nie oor mense wat saam gery het, nie en het geen respek vir mense nie! Hy moet mooi bestuur en gehoorsaam aan pad se reëls. Baie van taxi is roekeloos / waghaals. Sterkte aan hul familie en vriende!

Francois ·

Ek ry op n motorfiets en gaan nie nou komentaar lewer oor hoeveel keer ek amper deur een van hul raakgery word nie. Nou die dag in Aucklandpark toe kom ek verby een wat se regter agterwiel so te se heeltemal pap was. Volgelaai met mense. Ek stop toe links lanks die voorste passasier om te verduidelik wat aangaan. Ek wil nog praat toe draai hul die venster toe. Toe probeer ek met my beste gebare taal te verduidelik dat hul agterwiel pap is. Wel hul het my net n klomp ander handseine gewys wat ek nie nou gaan oor uitbrei nie en maar net aanhou ry.
Die passasiers wat net in bondel elke keer moet self ook net vinnig na die voertuig kyk waarin hul gaan klim. Jy kan tog sien as 1 wiel papper is is die res. As jy dan inklim is dit maar jou eie probleem.

Pendoring ·

Francois, vir die passasiers om ‘n oordeel te fel oor die padwaardigheids toestand van ‘n taxi moet hulle darem eers oor die vermoë beskik om tussen goed en sleg te kan onderskei…

François ·

Phillip & Maroela, ek soek nog die ander voertuig…….. julle praat van ‘n botsing……?!

Landi Slatter ·

Dagsê Francois

Dankie dat jy ons hierop gewys het. Ons vra om verskoning vir die verwarring wat die woord “botsing” geskep het. Daar was slegs een voertuig in die ongeluk betrokke. Ons wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Gert van der Merwe ·

Ek ry die pad dikwels en dit is kommerwekkend om te sien hoeveel van die taxis oorlaai is. Hulle wissel bane net soos hul wil. ek voell regtig vir die passasiers…daar is vrees in hul oe. Elke keer wanneer daar ‘n ongeluk is dan verloor ‘n familie moontlik die broodwinner. Beamptes moet ophou om op hope te sit en niks doen nie, hulle moet net hul teenwoordigheid wys dan is dit al klaar beter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.