Twee sterf in Benoni-botsing

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Twee mans is dood en een kritiek beseer toe ʼn motor en ʼn paneelwa Woensdagaand in Benoni aan die Oos-Rand gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 22:30 in Birchweg plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik wat die botsing veroorsaak het nie. By paramedici se aankoms op die toneel is albei voertuie se wrakke aan die kant van die pad aangetref met aansienlike skade aan albei,” het Meiring gesê.

By nadere ondersoek is die liggame van twee mans in die motor se wrak gevind. Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is dood verklaar.

Die bestuurder van die paneelwa is in ʼn kritieke toestand buite die voertuig aangetref. Hy is op die toneel behandel en is per helikopter na die Mediclinic Sandton geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.