Twee sterf in ‘bloedbad’ botsing

Die wrakke op die toneel. (Foto: Verskaf)

Twee mense is Dinsdagoggend in ʼn grusame botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn bakkie op die N2 in KwaZulu-Natal dood.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, is paramedici vanoggend kort na 11:00 na die ongelukstoneel naby Joynerweg in Isipingo ontbied.

Jamieson het die toneel as “ʼn bloedbad” beskryf.

Die wrakke op die toneel. (Foto: Verskaf)

Hy vertel dat die twee voertuie glo gebots het waarna albei van die pad af is. Die insittendes van die bakkie, ʼn man en ʼn vrou, het ernstige beserings in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor het matige beserings in die botsing opgedoen, het Jamieson gesê. Hy is op die toneel deur paramedici gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Jamieson het gesê die gebeure wat tot die botsing gelei het, is in dié stadium nog onbekend. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

witlyn ·

die rede vir die ongeluk is eenvoudig…………
iemand het nie die reëls gevolg………
sterkte aan die familie asook die man van die vragmotor

Blommie ·

My innige simpatie aan die besserdes en ook die familie van die oorledenes. Ek het self daardie pad nie 1 maal nie maar baie baie keer gery en wat ek nie kan verstaan nie, is daar waar die ongeluk gebeur het is dit ‘n dubbel pad met 3 bane elk aan elke kant. Hoe gebeur so ‘n ongeluk. Die pad is ook redelik reguit.

Wanda ·

Ek bly in Toti en ry amper daagliks daai pad. Die mense ry vieslik, stop waar hulle wil en jaag op die geel streep verby. Die vader weet, as dit mos net lyk of dit gaan reën is dit asof almal skielik kop verloor. Ons was daar verby en die ongeluk was een van drie skaars 400m van mekaar af.

Chris Ws ·

GEEN wetstoepassers op ons paaie nie.Dis die rede.Hulle staan by dorpe se ingange en lisensies “check”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.