Twee sterf in blouligbrigade-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Senzo Mchunu, die premier van KwaZulu-Natal, het opdrag gegee dat ʼn ondersoek van stapel gestuur word nadat een van sy begeleidingsvoertuie, ʼn sogenaamde blouligbrigade-voertuig, in ʼn botsing betrokke was waarin twee vroue dood is.

Dit volg nadat ʼn Ford Ranger-bakkie, wat vermoedelik deel is van Mchunu se begeleidingsvloot, Vrydag om 19:30 teen ʼn Toyota Yaris op die N2-snelweg naby Zinkwazi gebots het.

Lt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat twee vroue, in hul 30’s, wat in die Yaris gery het, op die toneel dood verklaar is en dat ander insittendes na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium onbekend. Die KwaDukuza-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag, asook die oorsaak van die ongeluk,” het Gwala gesê.

Volgens berigte het die insittendes van die begeleidingsbakkie slegs geringe beserings opgedoen. Mchunu was nie in die bakkie wat in die botsing betrokke was nie. Daar is berig dat hy tydens die botsing by sy huis was.

“Daar is baie vrae oor die ongeluk en verwarrende berigte oor afsonderlike ongelukke op die betrokke roete,” het Mchunu Saterdag in ʼn verklaring gesê. “Daarom het ek opdrag gegee dat my spesiale raadgewer, adv. Linda Zama, saam met die wetstoepassingsagentskappe werk om antwoorde te kry.”

Hy het gesê ʼn vragmotorbestuurder het na bewering die ongeluk veroorsaak en van die toneel weggery. Die polisie is op die vragmotorbestuurder se spoor.

Mchunu het sy innige meegevoel met die oorledenes se geliefdes betuig en gesê die saak word in ʼn ernstige lig beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Joann ·

As die blou lig aan is behoort die pad mos aan hulle. Dom D……

isabel whelan ·

Ek sal die saak graag wil volg want my pa is Desember dood in blouligbrigade ongeluk en dadelik is gese Minister was nie in konvooi nie en skielik nadat ek en my boetie self onsersoeke gedoen het is vasgestel hy was self in die eerste voertuig vd konvooi en sy eie kinders in d voertuig wat my pa vermoor ons het vasgestel hulle het 200km per uur gery in 80 zone en hulle het gevlug almal vd toneel af

Dee ·

Waarom was daar geen mediadekking oor dit wat jy beweer? Dit is veronderstel om hoofopskrifte te wees.

SNEL ·

Isabel, ek glo dis jou Pa waaroor hulle ook in Maroela berig het toe dit gebeur het. Ek het nogal aan hom gedink en dan is daar Thomas Ferreira ook, wie se hele lewe verander is deur die klomp wat dink hulle kan doen wat hulle wil op die pad en dat hulle “un touchable” is. Ek het my Pa ook so ruk terug verloor, maar aan naruurlike gevolge, maar dit was skielik en dis so moeilik en mens mis hom so, ek weet nie eers hoe erg dit moet wees vir julle wie se PA deur sulke roekelose gedrag van julle af weggeruk is nie en die besef as dit nie vir hulle was nie, was hy nog by julle. As hierdie skuldiges maar net kan boed vir wat hulle gedoen het, maar hulle kom weg met moord. Baie sterkte aan julle en ook an die twee vrouens se familie.

Kobus van den Berg ·

Wat gee n mede landsburger die reg op n bloulig brigade ? Geen respek vir ander se lewens nie !

Michael ·

Ek dink iemand moet die OB vra om ‘n ondersoek te loods oor die klomp .

sarie van heerden ·

Ons word gereeld op die R21 op pad van Pretoria na OR Tambo deur die jaende bloulig brigade van die pad gedruk. Daar word kastig ondersoeke ingestel na ongelukke waarin hul betrokke is maar mens hoor NOOIT weer daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.