Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die botsing het omstreeks 22:00 Saterdagaand in Klipfontein View plaasgevind.
Volgens Mulaudzi is twee mense op die toneel dood verklaar. Die twee beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
“Ons wil ʼn beroep op motoriste doen om versigtig te ry aangesien talle paaie in die provinsie nat en glibberig is weens die reën.” Hy het motoriste ook aangeraai om nie oorstroomde brûe of ander areas met hul motors te probeer oorsteek nie.