Twee sterf in botsing aan Wes-Rand

Die ongelukstoneel. (Foto: Netcare 911)

Twee mense is dood en twee ernstig beseer in ʼn botsing Saterdagaand op die R28 in Luipaardsvlei, Krugersdorp, aan die Wes-Rand.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê paramedici is net na 20:00 na ’n toneel naby West Village ontbied waar ʼn motor en bakkie gebots het. Een van die voertuie het ná die botsing aan die brand geslaan.

Volgens Herbst is die Krugersdorp-brand-en-reddingsdienste ook na die toneel ontbied om die vlamme te blus.

“Paramedici het die pasiënte ondersoek en bevind dat ʼn volwasse man en vrou noodlottige beserings opgedoen het.”

Volgens Herbst het twee ander mans ernstige beserings in die botsing opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.