Twee sterf in botsing buite Fochville

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en vier beseer toe twee motors reg van voor op die N12 buite Fochville gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici by die toneel opdaag, het die wrakke van die motors langs die pad in die veld gelê.

“Twee mans was in een van die motors vasgekeer. Paramedici en brandweerbeamptes het vinnig gewerk om die twee mans uit die voertuig te sny. Ten spyte van hul pogings, is die bestuurder op die toneel dood,” het Bodasing gesê. “Die passasier was in ʼn ernstige toestand en is dadelik na ʼn hospitaal geneem.”

Vier mans was in die ander voertuig vasgekeer, maar die bestuurder het reeds aan sy beserings beswyk. Die ander drie mans het matige beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris W ·

Kop teen kop botsings is al algemeen op ons paaie.Hoekom gebeur dit en in meeste gevalle helder oor dag ook ?Die redes staan uit:ongelisensieerde en onbevoegde bestuurders agter voertuie se sture en hoe spoed.Slegte of swak sig in swak weersomstandighede is nie ‘n rede nie want as jy nie kan sien waar jy ry nie moet jy of spoed heeltemal verminder tot jy kan sien of so nie stil hou tot die sig verbeter so in hierdie geval is dit weer onbevoegdheid aan die bestuurder se kant.Te wveel bestuurders het wel lisensies maar is onbevoeg om te bestuur deur hul gebrek aan wetsgehoorsaamheid.Lisensies moet meer male lewnslank opgeskort word.Maar nou ja met die wets toepassing in ons land so gebrekkig gaan dit nie beheer kan word nie.Mens moet maar eenvoudig net jou ogies wyd oophou op die pad en gereed wees om ontwykende aksie vinnig te kan neem.

DPJ ·

Ja, dit is opmerklik hoeveel kop en kop botsing deesdae plaasvind. Besuurders let nie meer so goed op nie, is nie vir enige kriesse voorberei nie. Solank hy net ‘n bestuurs lisensie kan wys en basta met die res. Maar hulle word gou gou uitgesorteer in die lykhuis. Net jammer sotyds vir die onskuldige.

Frank ·

Ja, ons ry nou die dag terug van die laeveld en net voor Dullstroom op die pas met soliede streep sommer drie voertuie verby sonder dat hulle kan sien wat van voor kom… Oorteders wit en swart, karre oud en nuut… Maak mens moedeloos, geen respek vir reëls of lewe nie…

Karien ·

Ja dis baie erg. Ek dink nou maar net. Hoekom karre maak wat 200km/h ry. Die wet bepaal die spoedgrens is 120km/h. Noodvoertuie is n ander saak, maar gewone voertuie moet hulle maak dat hulle slegs 130km/h kan ry. Dan dwing hulle mos almal om stadig te ry.

Henri ·

Mense maak dood, nie wapens of voertuie nie. Somtyds moet mense self pasiente by ‘n hospitaal kry, as so iets jou of famielie oorkom, sou jy ‘n motor wil he teen 130 kmu.? Dan sal jy ook tevrede moet wees met “n wapen wat net een patroon mag bevat, vergewe my, ek is prakties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.