Twee sterf in ongeluk by Magaliesburg

Een van die beseerdes is per helikopter hospitaal toe gebring. Foto: ER24

Twee mense is dood en vier het veelvuldige beserings opgedoen toe hul voertuig meermale Vrydagmiddag op die R509 by Magaliesburg in die westelike uithoek van Gauteng gerol het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê hul en ander nooddienste se paramedici het kort ná 16:00 op die toneel opgedaag en al ses die insittendes buite die voertuig aangetref nadat hulle tydens die ongeluk daaruit geslinger is.

“Twee mans het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” sê Vermaak. “Een persoon se beserings is kritiek. ER24 se mediese helikopter is na die toneel ontbied en het hom vir verdere mediese behandeling na die Modderfontein Busamed gebring.”

Nog twee mans het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor met hulle na die Lenmed-hospitaal gehaas is vir verdere behandeling, sê Vermaak. ʼn Vierde insittende het net geringe beserings opgedoen en is later na dieselfde hospitaal geneem.

Hy sê die presiese omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek, maar na verneem word, was geen ander voertuie daarby betrokke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.