Twee sterf in botsing in Baviaanspoort

Die toneel op Zambeziweg. (Foto: Netcare 911)

Twee mense is Vrydagoggend vroeg dood en twee ander beseer in ’n botsing in Baviaanspoort in Pretoria.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê nooddienste is omstreeks 05:40 na die toneel op Zambeziweg ontbied waar twee motors gebots het.

By paramedici se aankoms op die toneel het twee mans reeds aan hul beserings beswyk, het Herbst gesê.

Twee ander mans het onderskeidelik ernstige en matige beserings in die botsing opgedoen en is deur paramedici op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.

Owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

kawa ·

Daardie gedeelte vanaf Baviaanspoort tot Moloto kruising is besig om n 2de moloto pad te word. Daar was 3 ongelukke op daardie pad vanoggend. So onnodig!!

Steve ·

Julle bedoel seker die R513? Die pad staan ook bekend as Sefako Makgatho Rylaan-verlenging…dis eerstens nie ‘n “weg” nie (dis ‘n rylaan), en verder is die naam mos verander na Sefako Makgatho…nie meer Zambesi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.