Twee sterf in botsing op pas

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood in ʼn botsing Vrydagaand op die Long Tom-pas ongeveer 15 km buite Lydenburg in Mpumalanga.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die botsing as “gruwelik” beskryf. “Netcare 911 het saam met verskeie ander nooddienste omstreeks 20:33 by die toneel opgedaag. Stukke van die voertuie se wrakke het oral in die pad gelê, met die twee verongelukte voertuie in die middel van die pad,” het hy gesê.

“Nadat paramedici die insittendes assesseer het, het hulle gevind dat twee mense aan veelvuldige beserings beswyk het. Drie ander het ernstige beserings opgedoen en moes na verskillende hospitale gehaas word.”

Volgens Botha is dit nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie, maar die nodige ondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Kop-teen-kop? Dit lyk vir my so. Regs op die foto sien ek ook ‘n soliede wit lyn. Indien so dan is die lewens geneem- en beserings van onskuldige mense veroorsaak deur ‘n roekelose aap.
Daar is absoluut GEEN verskoning om verby te steek teen aankomende verkeer. Daardie kragtige groot voertuig van jou gee jou ‘n gevoel van meerderwaardigheid en ‘n selfvertroue wat maak dat jy kanse vat. Die hartseerste van alles is waar dit heel onskuldig begin op plattelandse dorpies se stopstrate waar jy nie stilhou. So vorder jou ‘behendigheid’ waar naderhand verkeersligte, ens. ter sprake kom. Natuurlik kom jy weg daarmee aan die begin tot eendag . . . En waar leer jy dit? Heel moontlik by pa (en ma) wat jou (on?)wetend op hierdie letterlike pad van die dood geplaas het. As kind en jongmens ry jy met jou fiets oor rooi ligte soos ek onlangs in Vanderbijlpark gesien het. Natuurlik het jy mos seker gemaak dat daar nie voertuie aankom. Jy moet so gedissiplineerd wees dat jy selfs ALLE verkeersreëls nakom tot in die WOESTYN.
Ek kan net dankie sê dat in 55 jaar agter die stuur het ek nog NOOIT so haastig geraak. Maar dan ook het ek ‘n pa gehad wat ook ongeluksvry bestuur het tot die dag van sy dood.
Afgesien van dronk agter die stuur is die ander een GEDULD op die pad.

Kobus van den Berg ·

Tragies. Berig skrywer….wat is ‘n “verongelukte”voertuig. Korrekte Afrikaans sou”wrakke” wees.

arie plaasbroer ·

Maroela media,
Sune,

Waar kom julle aan al die e-pos adresse wat as alternatiewe vir my aangegee word.

Ek is nogal baie eksak in welke adres ek vir welke doel gebruik en slag een adres moet aan Maroela media bekend wees.

Het julle werklik gespioeneer op die internet en so my privaatheid bedreig.

Ek sal graag wil weet.

Sonya ·

die Longtom Pas is n verskriklike pad om te ry in die vroeë oggend of aand, daardie Pas word so toe gemis dat mens nie eers jou hand buite die kar se ruit kan sien nie. ek kan onthou toe ek kind was en ons daar oor gery het het ons nooit meer as 20k/h gery nie juis omdat daardie Pas so gevaarlik is en as ek reg kan onthou is daar ook oral borde op langs die pad wat se dat dit n baie gevaarlike roete is om te ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.