Twee sterf in botsing

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is dood en agt is beseer nadat ʼn minbustaxi en ʼn vragmotor Sondagaand op die N3-snelweg naby Estcourt in KwaZulu-Natal gebots het.

Robert McKenzie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het Maandag gesê die ongeluk het omstreeks 20:00 naby die Giant’s Castle-afrit plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Die beseerde pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na die Estcourt-hospitaal geneem vir verdere behandeling.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.