Twee sterf in Centurion-botsing

Een van die motors se wrakke. Foto: ER24

Een van die motors se wrakke. Foto: ER24

Twee mense is dood en vier beseer toe twee motors Sondagaand op die N14-snelweg in Centurion gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die R55-afrit plaasgevind.

“Albei motors het drie insittendes gehad. Twee mans, een van elke motor, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê.

Twee mense is kritiek beseer en met ʼn private helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. “Die ander twee mense is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na ʼn hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vra maar net ·

Hul maak nie melding of dit ‘n kop aan kop bossing was nie. Watter rol het verdonings middels in die ongeluk gespeel?

MM ·

SPOED SPOED SPOED!!!!!!!! Ek ry die N14 elke dag van Pta na Roodepoort en die spoed wat die BMW VW en Merc’s brigade ry is net iets verskrikliks.
Ek het vanoggend gesien daai einste voertuig le nog doer in die bosse. ER24 se personeel het ook sommer hulle goed wat gebruik so langs die pad gelos.

Ruan ·

Is al die berigte oor motorbotsings nuuswaardig? Vra maar net … en ek weet ek hoef dit nie te lees nie dankie.

Jo-anli ·

Die spoedbeneukte bestuurders,dis kommerwekkend rillend en klomp ongeskikte bestuurders. Ry of pad aan hulle behoort. Nee ry jy 120 km sone dan druk hoeter vir jou flikkerende ligte want hulle mort mos vinniger ry. Ai mense se lewe is op die spel. Ag asb ander se lewe ook waardevol. Dankie

Paul ·

Jo-anli, die padreël is dat, as daar meer as een baan is, jy in die linkerkantste baan moet hou, tensy daar verkeer voor jou is wat stadiger as jy ry. Beweeg dan regs om verby te steek. Ook wanneer jy 120km/h ry. Net omdat jy 120km/h ry, beteken nie jy kan heeltyd regs hou nie.
Ook op paaie met meer as twee bane. Daar moet jy ook altyd in die mees linkerkantste baan hou. Ek sien so baie mense wat 80km/h of 100km/h poer-poer in die baan tweede van regs af, terwyl daar twee of drie skoon bane links is. Sulke mense veroorsaak ongelukke.

Ook, meeste motors se speedometers wys ‘n vinniger spoed as werklik. As jou kar 120km/h wys, ry jy in werklikheid in meeste karre slegs 110km/h tot 115km/h. Baie mense wat ‘n GPS het wat ware snelheid aandui, sal wel dus werklik 120km/h ry, wat dan vinniger as jy sal wees, selfs al oortree hulle dan geen wet nie.

Laastens, selfs al kom daar iemand teen 180km/h van agter af op jou af, wat wen jy deur hardkoppig voor die persoon te bly 115km/h ry en te keer dat hy of sy verbygaan? Al wat gebeur is dat die jaagduiwel gefrustreerd raak, en jou motor gevaarlik gaan verbysteek, wat jou ook in gevaar gaan stel. Laat die ou eerder verbykom vir jou eie veiligheid.

Rupert Ashford ·

Paul, die padreel is dat daar ‘n spoedbeperking is oor al 6 die bane. Al die bane mag NET daardie spoed of bietjie minder ry. Ja die hou links ding is waar, maar mense mag 120 in al daardie bane ry. Dit is die wet.

Paul ·

Rupert, jy is heeltemal reg. Maar sê gerus vir my hoekom ek verkeerd is met wat ek sê oor “aangeduide spoed” op ‘n kar se speedometer en “werklike spoed”. Baie mense wat dink hulle ry 120km/h, ry eintlik net 110km/h, omdat hul speedometers erg “oorskat”.
Sê ook gerus hoekom ek verkeerd is as ek sê “gee eerder pad vir die jaagduiwels – dit maak dinge net gevaarlik vir jouself en ander padgebruikers om so persoon agter jou te hou tot hy gefrustreerd is en gevaarlik verbysteek.”
Schalk, doen gerus dieselfde. Dui aan hoekom die redenasie foutief is. Andersins is die kommentaar oor regverdiging van optrede irrelevant.

Net ook ter interessantheid, die regulasies tot die Nasionale Padverkeerswet, subregulasie 323(6) spesifiseer dat ‘n kar wat wil verbysteek, ligte mag flits vir die stadiger motor voor hom.

Chris W ·

Ek se al lankal daar is ‘n baie groot geleentheid vir werk skepping as daar 10 maal meer spoedstrikke op ons paaie kom.Ja ek weet die mense met duur Duitse motors en ander koop die verkeersmanne om maar hulle sal gou agterkom dit kos hulle nou ‘n arm en ‘n been om almal om te koop elke keer as hulle op ‘n pad ry en buitendien moet hy stilhou en verloor net meer tyd teenoor as hy by die spoed perk hou bly hy ry en kom op die ou end vinniger by sy bestemming.Maar ja ek wens droom!

Johan ·

Wanneer ek die kommentare lees, kan ek nie glo dat so baie mense sulke onsinnighede kan kwytraak nie. 70% sal sê die ongeluk het gebeur agv van jaag. Het julle navorsing gedoen oor die oorsaak ?
Daar kan so baie ander faktore ook wees (gebarste band, voorwerp in die pad ens.)
Komaan Suid-Afrikaners, wees realisties

Marlene ·

Jerry was een van die geduldigste en vriendelikste jong mense wat ek ken. Hy het by ons gebly en gewerk vir ‘n paar maande. hy was oppad huistoe saam familie sodat hy werk kan soek naby sy ouerhuis. ons sal sy ondeunde glimlaggie onthou. baie sterkte aan Jerry se familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.