Twee sterf in fratsongeluk

Foto: ER24

Twee mans is Donderdagmiddag dood in ʼn fratsongeluk in Hendrik Verwoerd-rylaan in Centurion.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die twee mans is van die agterkant van ʼn bakkie geslinger toe die trampolien wat hulle vervoer het, afgewaai het.

“Paramedici het omstreeks 13:00 op die toneel aangekom en die metropolisie het reeds die toneel afgesper. Twee mans het in die pad gelê en is onmiddellik deur paramedici ondersoek.”

Volgens Campbell het die mans albei noodlottige kopbeserings opgedoen en is hulle op die toneel dood verklaar.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.