Twee sterf in gru-botsing met polisiekar

Paramedici op die toneel. Foto: Rescue Care

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag nadat twee mense Maandagaand in ʼn gru-ongeluk in Pinetown in KwaZulu-Natal dood is. ʼn Polisievoertuig was in dié botsing betrokke.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die botsing het omstreeks 21:00 in Shepstoneweg naby Chelsealaan in New Germany plaasgevind.

Jamieson het die toneel as “ʼn bloedbad” beskryf. “ʼn Polisievoertuig en ʼn motor het mekaar getref, waarna die polisievoertuig omgeslaan en op sy kant tot stilstand gekom het,” het Jamieson gesê.

“Twee mense in die motor, ʼn man en ʼn vrou, was in die motor se wrak vasgekeer. Hulle het verskeie ernstige beserings opgedoen en was reeds dood. Nog twee insittendes in dié voertuig het geringe beserings opgedoen.”

Volgens Jamieson het die polisiebeampte, wat alleen in die ampsvoertuig was, ook geringe beserings opgedoen.

“Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Jamieson gesê.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Gwala het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal deur verdere ondersoek vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jjobson ·

Bloedbad! Wonder net wie skuldig is. Dooies kan nie praat nie. Daar moet nie weer gekonkel word nie want God het regverdigheid lief.

PJC ·

Vanselfsprekend sal die dooies skuldig wees. Dit werk altyd so en ons weet mos die polisie ry altyd baie versigtig.

Cherokee ·

Hier in die stad sien ek hoe die SAP èn en die Metro Polisie ry. Geen respek vir rooi ligte, spoedtekens of parkeerruimtes nie.

Oom Kalahari ·

Shame…..die polisie beampte was op roetine patrollering en is mos darem onskuldig en is mos maar altyd so.

Manie Strydom ·

Dit het tyd geword om by die polisie stasies n vreedsame betoging te hou sodat die klomp weet hoe ons oor hulle voel

WTF ·

Lees ek ‘n ander berig as julle? Waar in hierdie artikel word enigsins melding gemaak van hoe die ongeluk plaasgevind het? Nou word die polisiebeampte die skuld gegee……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.