Twee sterf in gru-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man het verkool na ʼn gru-botsing op die R50 in Bapsfontein, oos van Johannesburg.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bakkie, ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi was Vrydag in ʼn botsing betrokke.

Volgens Majija het die minibustaxi reg van voor teen die vragmotor gebots toe dit die bakkie probeer verbysteek het.

Die taxibestuurder is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood. Die bakkie het intussen aan die brand geslaan en die bestuurder het doodgebrand.

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leonie ·

Dis verskriklik. Ek het eenkeer daai pad gery en besluit nooit weer nie. Die taxis overtake die hele tyd as daar voertuie van voor af kom dan moet jy op die grond ry sodat hulle weer terug in hulle baan kan kom. Taxis hoort nie op die pad nie. Gee vir die mense eerder busdienste of maak ‘n plan met hulle onbeskofde manier van bestuur. Die arme ou in die bakkie. So onnodig!! Dankie tog daar was niemand in die taxi behalwe die idioot wat dit bestuur het.

Ilze Smith ·

Ek ry die pad amper elke dag en ja, Taxis gaan op blinde draaie, blinde hoogtes, soliede strepe en in aankomende verkeer verby. As hy sien hy gaan dit nie maak nie, kom hy net eenvoudig terug en druk jou van die pad af. Ek het al baie skade so opgedoen met bande wat bars ens. want daar is nie juis ‘n skouer nie en die grond langs die pad is besaai met groot klippe.

Maria ·

Die taxi’s ry baie onverskullig.maak nie saak waar hul ry nie.hul stop dood in n pad en dan moet jy maar stop of om hul ry.dan laai hul nog mense op ook.hulle ry net soos hulle wil.

Lindie ·

Ek weet nie hoekom word daar nie iets omtrent Taxi’s gedoen nie. Ek dink hulle veroorsaak meer ongelukkig as enige iets anders en maak net soos hulle wil op die paaie. Die arme onskuldig man is nou in ‘n baie erg lelik manier dood en dit omdat die simpel Taxi bestuurder nie kon “wag” nie. Mag hulle plan maak met die Taxi’s voor dit te laat is.

Ilze Smith ·

Ja Lindie, my eerste gedagte was dat hy so haastig was om te gaan mense oplaai dat hy kan geld maak en nou gaan hy nooit daar uitkom nie …
Die laaste keer dat ‘n Taxi my op die R50 van die pad af gedruk het, het ek hom gevolg tot waar hy stop en hom gekonfronteer. Sy antwoord? “Jammer, hulle was laat vir ‘n sokker wedstryd”. Ek was laat om my kinders by die skool op te tel, as hy sy sin gekry het was hy betyds vir sy sokker wedstryd en ek het my kinders baie laat opgetel of glad nie!! Dit raak by die dag moeiliker om nie te haat.

Carel ·

Kom ek net so se:
1) Hy sal dit nie weer doen nie…dis jammer ander moes sterf sodat hy sy les leer.

2) Dan moet julle verstaan die Taxis “is” die regering so hulle kan maak wat hulle wil…onthou hier in Suid Afrika swaai die stert die hond….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.