Twee sterf in gru-ongeluk noord van Jhb

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood toe ʼn voertuig Sondagoggend op die N1 by die Buccleuch-wisselaar noord van Johannesburg omgeslaan het en teen ʼn paal tot stilstand gekom het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 08:00 na die toneel ontbied. “Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die wrak van die motor gevind waar dit op ʼn grasbank teen die paal staan met die beseerdes steeds binne vasgekeer,” het Botha gesê.

“Lede van die brandweerdienste moes meganiese toerusting gebruik om die insittendes uit die motor te sny. Die bestuurder, ʼn burger van Swaziland, het reeds aan sy beserings beswyk, terwyl sy passasier in ʼn kritieke toestand was. Paramedici het onverpoos gewerk om die pasiënt te stabiliseer, maar hy is ten spyte van hul pogings op die toneel dood.”

Die polisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek, het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Daar is GROOOOT borde op reg rondom Johannesburg wat waarsku “Speed Kills”…..Die ruimtevaarders trek om die aarde teen 27 000km/u….en kom nie veel oor nie. Moet dit nie wees “Impact Kills” nie?

Peet Schabort ·

Jy is reg Johan maar dis ook die onoordeelkundige gebruik van spoed. Daar is agter stuurwiele karakters wat nie op ‘n pad losgelaat behoort te word.
Die kort neus van ‘n kombi maak dat die gebroke lyn van die pad skynbaar ‘vinniger’ onderdeur beweeg teenoor die lang neus van ‘n motor waar op ‘n afstand die lyn reeds verdwyn teen ‘n ‘stadiger’ spoed. Ook die gesofistikeerde gerief van motors gee jou ‘n vals beskerming teenoor spoed en die gevolge wanneer iets skeef loop.
Bestuursvaardigheid en die gebrek aan hoflike padgedrag is ‘n groot gebrek op ons paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.