Twee sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is Sondagoggend dood en nog twee beseer in ʼn gru-ongeluk buite Carletonville.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van ʼn Toyota RunX het vermoedelik beheer oor die motor verloor voordat dit omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Volgens Vermaak het paramedici kort ná 05:00 op die toneel aangekom waar hulle ʼn ernstig beseerde man sowat 20 m weg van die wrak gevind het. Nog ʼn man is onder die motor in ʼn kritieke toestand gevind.

Vermaak het gesê albei mans is op die toneel behandel waarna hulle onderskeidelik na die Carletonville- en Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Volgens Vermaak is nog twee mans etlike meters van die wrak gevind. “Daar was niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Spoed? Veiligheidsgordels? “Ensovoorts”? In meer as 55 jaar was ek gelukkig om nie met so ‘n omval-voertuig te ry. Natuurlik kan omstandighede bepalend wees buite ‘n mens se beheer.

Juan ·

As hulle veiligheids gordels aan was het almal gelewe. DIt het niks te doen met”omval voertuig” nie.

Karolis ·

Om net die deure se buite panele af te rol verg nogal vaardigheid.
Ek wonder of hierdie voertuig nie dalk deur ‘n aankomende voertuig teen die sy gestamp is nie? Soos bv. “sideswipe”

Arizona ·

@Juan, jy is verkeerd om te se “as almal hulle sitplek gordels aangehad het, het hulle nog gelewe. Ek was op n ongeluks toneel waar die motor gerol het nadat die bestuurder n dier getref het. Die bestuurder het sy sitplek gordel aangehad. Hy het sy nek gebreek. Sit plek gordels doen niks vir nek breek nie dit verhoed net dat jy die uitgeslinger word nie. Jou kanse om te sterf in n “roll over” op n hoë spoed is nog steeds 20% met jou gordel aan.

Gismo ·

Dit wil amper deesdae voorkom dat dit beter raak om met motorfietse te ry…die padongelukkig is deesdae verskriklik!

Pierre ·

Ek ry self ook motorfiets, glo my motor bestuurders het nie respek vir ons nie. Ek moet egter by se dat daar ook motorfiets ryers is wat glad nie binne die raamwerk van die pad wette ry nie. Ek self wonder party dae wat ek op my motorfiets soek.

Pierre ·

Ek het self baie kilometers die naweek op ons paaie afgele. Vrydagaand net buite Memel was ons vir bykans n uur gestrand na n gru ongeluk waar twee voertuie in n kop aan kop botsing betrokke was. Dit skok lyk my nie meer mense nie want toe ons na n lang gewag daar weg trek was daar steeds mense wat soos besetenis by jou wil verby kom en dit op n pad waar daar tans groot padwerke is. Dit was ook Sondag Middag my ervaring met die terukom slag, ons mede Suid Afrikaners, let wel, alle bevolkings groepe kan nou maar net een maal nie soos beskaafdes ry nie. Ek moes by verkeie geleenthede na links beweeg net om die persoon wat nie teen 120 km/h wil ry nie geleentheid te gee om verby te kom, anders druk hulle jou in elk geval net uit die pad uit. Lyk my ons wat jou laat afskrik deur sulke ongelukke te sien is maar in die minderheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.