Twee sterf in grusame botsing in KZN

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en drie ernstig beseer toe twee voertuie Saterdagaand reg van voor in Umkomaas, KwaZulu-Natal, gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die gru-ongeluk het omstreeks 17:40 op Rosemead Main-weg plaasgevind. Dit blyk dat een van die voertuie in die baan met aankomende verkeer oorgegaan het, vermoedelik om ʼn ander voertuig verby te steek, toe dit reg van voor teen ʼn aankomende motor gebots het.

“Stukke van die twee voertuie was oor die hele pad gesaai en dit was duidelik dat die voertuie mekaar teen ʼn hoë spoed getref het,” het Botha gesê. “Die twee bestuurders was in die wrakstukke vasgevang en albei is dood weens die uitgebreide beserings wat hulle opgedoen het.”

Drie ander passasiers is uit die wrakstukke gehaal. Een was ernstig beseer en die ander twee het slegs ligte beserings opgedoen.

“Die polisie was op die toneel om die botsing te ondersoek,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

HEVW ·

“uitgebreide beserings” Liewer veelvuldige beserings of dan ernstige beserings.

Peet Schabort ·

Dit is vanselfsprekend dat hoe hoër die spoed hoe erger die gevolge van ‘n ongeluk. Wat egter NIE gebeur is dat die spoed van twee voertuie bymekaar getel moet word. As voorbeeld: twee voertuie met dieselfde massa ry beide 120km/h en bots kop-teen-kop. Die slag van botsing is NIE 240km/h maar steeds 120km/h. Daar is nie beweging waar die een die ander wegstamp omdat die massa dieselfde is van die voertuie. Dit is net so goed asof daar ‘n muur tussen hulle is en beide aan weerskante teen die muur vasry. Slaan (klap) met jou hande teenmekaar en laat iemand anders sy hand tussen joune hou terwyl jy voortgaan on te klap. Daar is geen verskil wat met jou hande gebeur want die ‘slag van botsing’ bly dieselfde.
Wanneer daar ‘n verskil in massa is tussen die voertuie met dieselfde spoed dan is daar ‘n verskil in momentum waar die ligter voertuig dan gaan “aftjop”.

Dave ·

Stem nie noodwendig met jou saam Peet want wanneer ek my twee hande klap en dan dit weer doen terwyl ek een hand stilhou en slegs die ander een klap, is die momemtum beslis groter by die eerste doen.

Peet Schabort ·

100% reg Dave. Die stilstaande hand (voertuig) dien as buffer wat die slag absorbeer maar omdat dit nie vas is gee dit mee. Wat jy eintlik moet doen is om terwyl jy jou hande klap na ‘n soliede muur te stap wat dan tussen jou hande inkom waar die slag van botsing dan dieselfde sal bly op die een hand wanneer jy dan jou een hand stilhou teen die muur en met die ander hand klap. Eintlik logies en onderskat ek nie jou intelligensie.
Waarop dit neerkom is dat daar NIE bymekaar getel moet word wat spoed van twee voorwerpe betref. Spoed en massa (en die verskil daarvan tussen twee voorwerpe) speel ‘n deurslaggewende rol. Die slag van botsing van een voorwerp sal nooit meer word maar eerder afneem soos jy tereg dit waarneem.

Winston ·

Kyk na die kleur van voertuie. Donker blou en houtskool kleurige voertuie is kamoefleer op teer paaie. Daarom is dit belangrik om met ligte aan te ry.

Asjas ·

Help my gerus reg as ek verkeerd is, maar ek het ‘n paar jaar gelede gehoor dat die ander voertuig, alhoewel nie in die verkeerd nie, nie moeite doen om die ongeluk te vermy nie en dat meer ongelukke verhoed kan word as die snder bestuurder ontwykende aksies neem? Speel ons chicken en hoop die ander ou swaai tog uit??

Peet Schabortp ·

Goeie vraag Asjas wat ek ook al aan gedink het. Hoevele het al mekaar gestraf op die skouer van die pad. Hierdie ongeluk lyk ook asof hul mekaar op die geellyn getref het en nie op die normale ryvlak. Albei het op die laaste oomblik probeer uitswaai.
Ek sien die saak so: Die een wat by ‘n ander voertuig verbygaan weet dat hy aan die ‘verkeerde’ kant van die pad is of dit wettig is aldan nie. Die voertuig wat aankom ry aan sy kant van die pad en weet nie van hierdie een wat aankom op sy ryvlak. Dit is dus vir die een aan die verkeerde kant van die pad om uit te swaai in die veld in as dit daarop neerkom. Die een wie se deel dit is moet net rem trap en nie óók uitswaai.
Daar is gereeld hierdie ongelukke dat daar al ‘n verkeersreël gemaak kan word wat om te doen.

Suzette ·

Asjas ek stem nie met jou saam nie. Waneer jy besef hier kom nou regtig drama en jy is nie die verkeerde person nie het jy sekondes om te reageer. As jy uitswaai en jy kan dit net links doen loop jy die gevaar wat aan jou linkerkant is. ‘n Brug, bome of wat ook al. Afhangende van wat jou spoed is moet jy ook weet wat jou voertuig kan doen en tot wat dit in staat is. Jy kan nie altyd teen 120 km net van die pad afgaan nie. As jy dit wel doen wie se vir jou die ander ou sit met dieselfde idee as jy en probeer dieselfde as jy doen deur ver regs te swenk. Gaan julle in elkgeval op die grond langs die pad bots. Ongelukke gebeur in ‘n breukdeel van ‘n sekond. Ek het met derdeparty eise gewerk en baie snaakse stories en verslae en eedsverklarings deurgelees. Een les het ek daaruit geleer. As jy in jou voertuig klim skakel jou ligte aan maak nie saak wattertyd van die dag dit is nie. Is so dat baie kleure motors is nie sigbaar op sekere tye van die dag nie en moet nie verbysteek as jy nie presies weet die pad is veilig van aankomende verkeer nie. ‘n Kop aan kop botsing is altyd ‘n fout (nie ‘n ongeluk nie) van een kant wat vermy kon word deur die verkeerde persoon. Ek dink regtig nie mense speel “chicken” as jy in so situasie kom nie. Dit gebeur deur arrogante mense wat jaag om op ‘n plek te kom wat nie geduld aan die dag kan lê om te wag tot dit skoon is om verby te gaan nie, onder die invloed is en wat bloot dink die aankomende motorbestuurder gaan iets doen om vir hom pad te gee. Mense moet besef daar is duisende padgebruikers en glo my daar is min wat ‘n mede padgebruiker respekteer.

Paul ·

Korrek oor die ligte. Die enigste karre waarvan mens dalk nie die ligte hoef aan te skakel nie, is karre wat helderkleurig rooi, geel, oranje of groen is. Ander kleure, veral swart, grys, blou en silwer, is maklik om mis te kyk selfs in helder daglig.

Natuurlik ook – moenie verbysteek as jy nie duidelik kan sien wat van voor af kom nie.

Dalk is dit bevooroordeeld, maar kyk na daardie Corolla. Fênsie wiele opgesit, maar twee verskillende soorte voor en agter. Dit sê dalk iets oor die bestuurder se prioriteite… As ek so kar op die pad sien, behou ek ‘n goeie afstand daarvan af, want iets sê vir my die bestuurder is dalk nie die mees bedrewe bestuurder ooit nie.

Miemie ·

Klomp kenners op Maroela???? Julle weet baie vir klomp kantoor werkende mensies neh. Een wil leer spel, een wil leer bestuur. Oulike selfsugtige Suid Afrikaners, wat die ding moet probeer…… Liefde en Omgee vir ons mede mens. Sterkte aan die families betrokke. Ook maar goed ons wat nog leef maak glad nie foute nie. :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.