Twee mans is Donderdag dood nadat ʼn helikopter naby die Randse Lughawe in Germiston aan die Oos-Rand neergestort het.
“Die mans was die enigste twee persone aan boord. Albei is in die ongeluk dood,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Die ongeluk het omstreeks 13:00 plaasgevind.