Twee sterf in heli-ongeluk in Limpopo

Die wrak van die helikopter. Foto: SAPD

Die wrak van die helikopter. Foto: SAPD

Twee mense is dood nadat ʼn privaathelikopter Dinsdagoggend net voor 12:00 sowat 100km noord-wes van Polokwane neergestort het.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die ongeluk het naby Bochum gebeur. “Volgens voorlopige inligting was die helikopter besig om antennas in die Blouberg-bergreeks te installeer, toe die helikopter tegniese probleme ondervind en in ʼn paal vasgevlieg het. Die helikopter het neergestort en in vlamme uitgebars,” het sy gesê.

Twee mense is op die toneel dood en ʼn derde is ernstig beseer en na ʼn hospitaal gehaas.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die brand is met paramedici se aankoms op die toneel reeds deur die plaaslike brandweerdienste geblus. Drie omstanders is op die toneel behandel vir geringe tot matige beserings nadat hulle deur wrakstukke getref is. Hulle is deur die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal geneem, het Meiring gesê.

Volgens Otto het die ongeluk in ʼn baie afgeleë gebied gebeur en is dit dus moeilik om in hierdie stadium meer inligting te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.