Twee sterf in JHB-brande

Argieffoto (Foto: SABC)

Argieffoto (Foto: SABC)

Twee mense is dood in twee afsonderlike brandvoorvalle in Johannesburg.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, sê ‘n man in sy 40’s het onherkenbaar verband nadat sy plakkershut in Zandspruit aan die brand geslaan het. Vier ander plakkershutte is ook deur die brand geraak.

Mulaudzi sê in Lion Park is ‘n 24-jarige man dood weens rookinaseming nadat sy plakkershut aan die brand geslaan het. Die oorsaak van die brand is onbekend.

Mulaudzi het gemeenskappe versoek om versigtig te wees wanneer hulle kerse, paraffienstowe en verwarmers gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.