Twee mense is dood en ses is beseer nadat ʼn minibustaxi Saterdagoggend in Johannesburg gerol het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die vroeë oggendure op die M1-snelweg in ʼn noordelike rigting naby die Corlett-afrit gebeur.
“Twee mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Een van hulle is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het,” het Bodasing gesê.
Ses ander mense het geringe na matige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Standaard beriggewing van hierdie ongelukke met taxis is die volgende:
“In ‘n ongeluk waarin ‘n minibustaxi betrokke was het . . . (beskrywing van ongeluk) . . . en dan laastens die uiteinde was dood en beserings”.
HIER IS ‘n GROOT SKROEF LOS !!
En… Ons sien niks omtrent die weer vir die volgende dag, nie. Ongelooflik, is dit nie.