Twee sterf in Kimberley-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is dood en een persoon is kritiek beseer na ‘n motor en ‘n vragmotor in Kimberley in die Noord-Kaap gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het Vrydagaand by die R31 en N12-kruising plaasgevind.

Vermaak sê die vragmotor het teen die passasierskant van die motor gebots. Een van die motor se insittendes is op slag dood terwyl twee mense kritiek beseer is.

Volgens Vermaak was die beseerdes in die wrak vasgekeer. Nadat hulle uit die wrak bevry is, is hulle deur paramedici op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Vermaak sê een van die beseerdes is by die hospitaal dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.