Twee sterf in Krugersdorp-vliegongeluk

Die wrak van die vliegtuig. Foto: ER24

Die wrak van die vliegtuig. Foto: ER24

Twee mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Maandagmiddag naby Krugersdorp in Gauteng neergestort het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê paramedici moes per helikopter na die ongelukstoneel, in ʼn bergagtige gebied langs die R41 in Munsieville, vervoer word aangesien daar nie paaie is nie.

“Die twee mense was reeds dood toe paramedici by die vliegtuig se wrak opgedaag het,” het Meiring gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede is op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.