“Twee mans is dood, vier vroue is ernstig beseer en 11 ander passasiers het ligte beserings opgedoen na die twee minibustaxi’s op die P483 tussen Ladysmith en Mandeni gebots het,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, gesê.
Majija sê een van die taxibestuurders was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. Die bestuurder het matige beserings opgedoen.
Sy sê die beseerdes is na die Mediclinic Madadeni en die Madadeni-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.