Twee sterf in KZN-botsing

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Twee mense is dood en twee ernstig beseer tydens ʼn ongeluk Woensdagaand naby die Wild Coast Sun-casino in Port Edward, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 22:00 op die R61 plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Botha gesê.

Volgens Botha was twee van die insittendes reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Twee mense is ernstig beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.