Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 22:00 op die R61 plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek,” het Botha gesê.
Volgens Botha was twee van die insittendes reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Twee mense is ernstig beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha bygevoeg.