Twee sterf in KZN-ongelukke

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

‘n Man en ‘n vrou is in afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal dood.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê in die eerste ongeluk het twee motors Saterdagaand reg van voor gebots op die R102 in Umtentweni aan die provinsie se suidkus.

Hy sê ‘n man is kritiek beseer in die ongeluk en is later op die toneel dood verklaar. ‘n Ander man is ernstig beseer en is op die toneel behandel voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Intussen is ‘n vrou Sondagoggend dood nadat sy deur ‘n motor getref is op die N2 naby Salt Rock aan die noordkus. “Volgens berigte het die vrou oor die pad probeer hardloop toe sy voor die motor beland het.” Sy is op die toneel dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.