Twee persone is dood toe ʼn ligte vliegtuig Donderdag in die noorde van KwaZulu-Natal neergestort het.
Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het naby Jozini in Welcome, in die rigting van Makhathini Vlaktes plaasgevind.
“Die vliegtuig het in ʼn beboste gebied neergestort en het uitgebrand,” het hy gesê. “Die twee insittendes het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen.”
Owerhede probeer nog die oorsaak van die ongeluk bepaal.
“Die nooddienste van die departement van gesondheid betoon sy medelye aan die slagoffers se familie en vriende,” het McKenzie bygevoeg.