Twee sterf in KZN-vliegtuigongeluk

'n Foto van die ongelukstoneel is aan Maroela Media verskaf

‘n Foto van die ongelukstoneel is aan Maroela Media verskaf

Twee mans is Maandagaand dood nadat hul ligte vliegtuig in ʼn spruitjie naby die D459 buite Hillcrest, KwaZulu-Natal neergestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur die polisie na die toneel, sowat 14km buite Hillcrest, ontbied. Volgens Meiring is die wrak in ʼn spruitjie gevind en het die ongeluk ʼn veldbrand tot gevolg gehad.

Meiring het gesê die liggame van twee mans, glo in hul 30’s, is buite die wrak gevind. “Albei mans is op die toneel dood verklaar. Hulle is uit die vliegtuig geslinger toe dit neergestort het.”

Volgens Meiring was die brandweer op die toneel om die veldbrand te blus. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Dit is die vierde vliegtuigongeluk in vier dae. ʼn Pa en sy seun is Saterdag ernstig beseer nadat hul ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Alicedale in die Oos-Kaap neergestort het. Klik hier om meer te lees.

Twee mans is ook Saterdag beseer toe hul vliegtuig in Springs in Gauteng neergestort het. Klik hier om meer te lees.

ʼn Man is kritiek beseer nadat sy vliegtuig Vrydag in Witsand in die Wes-Kaap neergestort het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.