Twee sterf in liefdesdriehoek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man (42) is die naweek in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en haar vermeende minnaar.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het gesê die man, ʼn mynwerker, het na bewering Saterdag omstreeks 16:45 onaangekondig by sy huis in die Koekoe-nedersetting in Maokeng aangekom en glo sy vrou (40) saam met haar beweerde minnaar betrap.

“ʼn Rusie het uitgebreek, waartydens die verdagte sy gelisensieerde vuurwapen uitgehaal het. Hy het die man (50) in die rug geskiet toe hy probeer weghardloop het. Die vrou het na die straat gehardloop, waar haar man haar in die kop en skouer geskiet het,” het Mbambo gesê.

Albei slagoffers is op die toneel dood verklaar. Die man is in hegtenis geneem op aanklag van moord en moet binnekort in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Lebeoana Tsumane, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op paartjies gedoen om professionele hulp of familiebystand te kry as hulle huweliksprobleme het, eerder as om die reg in eie hande te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Shame ·

Ek voel vir die man, werklik dit moes ‘n groot skok vir hom gewees het, ek stem mens mag nie reg in eie hande neem nie, maar weereens die verdomde boosheid wen. Hierdie is ‘n eerlike man wat sy brood verdien en terwyl hy dit doen, verneuk die een vir wie hy dit doen hom. Aan die dooie man se familie, jammer, maar hy het met vuur gaan speel. Aan die Lt. generaal Tsumane, sorry, maar as jy op ‘n Saterdag by jou huis aankom en jou vrou is besig met iemand anders is berading en uitsorteer jou laaste gedagte, waar kry jy in elk geval dan hulp. Julle moet eerder minder geld aan ondersoeke oor nonsens soos Nr1 en al die eskaders se geld uitmars planne maak en meer aan die welsyn van mense, dit sluit in berading, huweliksvoorbereiding, kinder ontwikkeling, belangrikste beskerming van kinders, vroue en mans teen boelies, slegte vroue en mans.

Cherokee ·

Die feit dat hy ‘onaangekondig’ daar opgedaag het en gewapend was praat miskien anders. So asof hy dalk, net dalk, geweet het daarvan en hulle met opset betrap het.

Koos1 ·

Nee Cherokee, miskien van die man ‘ sekuriteits beampte op die myn, en het gewerk, en moes gou dringend by sy huis uit kom? Of hy het soos hordes ander SA burgers homself ge “arm” (skuus kan nie nou op die Afrikaanse woord kom nie) vir selfverdediging?
Ek se nie dat jy verkeerd is nie, maar hierdie artikel gee te min om werklik te weet wat gebeur het.

Cherokee ·

Soos jy sê Koos, die berig gee net ruimte vir bespiegelings.

Rina Pretorius ·

Ek voel jammer vir die man wat die ontrouheid moes aanskou, hierdie wellustige delilla het 2 mans se lewens verwoes, die finale besluit le by die vrou, as sy se nee dan is dit nee en as sy se ja dan begin die gevolge van wat ons hier in die artikel gelees het,

Nico K ·

Dit gee hom geen reg om moord te pleeg nie. As jy nie jou vrou vertrou nie, los haar. Die Bybel sê in sulke omstandighede mag jy skei. Hy is, met reg, in groot moeilikheid.

D B. ·

Sommige van julle mense is vinnige om kritiek te lewer oor die situasie maar julle weet niks. My ex het my verneuk. Ek het dit agter gokom. ‘n Man raak so emosioneel op daai stadium dat jy nie nugter kan dink nie en is jy in staat om enige iets te doen. Sy en daai ou verdien wat hulle oor gekom het. Ek ondersteun die arme man. Ek voel rerig vir hom want hy verdien dit nie.

charlene ·

Ek is nou eintlik geskok want ek voel jammer vir die man….. Hy werk sy agter kant af. die vrou was by die huis so dus werk sy nie en die arme man moet ALLEEN werk! Dis nie huwelik probleme nie dis “`n vrou wat haar self nie kan beheer” probleme… My man werk sy agterkant af en kyk hy werk soms aaklige ure, Ek slaap soms as hy tuis kom en as ek die oggend gaan werk slaap hy nog. Maar nog nooit het dit by my opgekom dat ek my lus moet bevreedig op `n ander plek en selfde moet hom (ja ek glo dit vas – `n mens vetrou jou lewens maat). Dis omdat die huwelik deesdae `n bespoting is, mense het niks respek vir mekaar en niks respek vir hulle trou beloftes nie. Die man het duidelik in woede opgetree – mens lees nie dat hy van die toneel gevlug het nie, so hy het seker daar gesit en wag. Maar hoe moes hy nie net gevoel het om op so `n prentjie in te stap nie. Hy moes nie hulle gemoor het nie, dit was bietjies verkeerd ek is seker daar was ander manier wat hy haar kon laat suffer het!

Anoniem ·

Ek weet waarvan sommige mense praat. Ek is self deur so iets. Mense julle weet nie die seer wat ons moet ervaar as ons uitvind nie. Wat nog te sê van op dit afkom. Dit steel jou menswees. Dit ruk jou hart en siel uit. Dis ‘n onbeskryflike seer. Dalk moet mense eerder werk aan huwelike of verhoudings saam met God as om verhoudings te begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.