Twee sterf in Moloto-busongeluk

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Passasier en ʼn voetganger is dood nadat ʼn bus Vrydag omstreeks 04:00 op die R573 naby Moloto in Mpumalanga omgeslaan het.

Die bus was van Pretoria na Waterval onderweg. Albei slagoffers het op die toneel gesterf.

“Die ongeluk het vermoedelik gebeur toe die busbestuurder uitgeswaai het om ʼn voetganger te probeer vermy. Altesame 26 mense is beseer en word in verskillende hospitale in die gebied behandel,” sê Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid.

Motoriste is gevra om die R568 van KwaMhlanga na Bronkhorstspruit te gebruik, of die N4-tolpad na en van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Daar is al so baie busse en karre verniel op daardie pad ek glo die versekering maatskappye sal die pad kan verbreed, permanente wetstoepassing implementeer en hulle sal nogsteeds geld kan spaar.

Anel ·

Busse jaag daar asof hulle op Kyalami is. Geen wonder daar is so baie ongelukke nie.

JM ·

Het talle kere al gesien dat voetgangers eers loop en dan kyk. Het eendag byna ‘n voetganger raakgery omdat dié voor my motor ingeloop het.

Di ·

Voetgangers verooorsaak deesdae baie ongelukke – Dink nie hulle kan afstand skat nie en party hopeloos gesuip op straat. Kyk bv. na polisieman in Pta Noord wat sy lewe verloor het toe dronke voor hom ingeloop het op sy motorfiets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.