Twee sterf in motorfiets-botsing

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Twee mense is dood en nog twee beseer in ʼn botsing tussen ʼn motorfiets en ʼn motor in Uvongo, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die botsing het Saterdagmiddag in Marineweg plaasgevind. Volgens Botha is die motorfietsryer en dié se passasier in die botsing dood.

Botha het gesê die bestuurder van die motor en ’n passasier het ligte beserings opgedoen, maar was erg getraumatiseerd. Hulle het nie behandeling nodig gehad nie.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ek weet nie hoekom iemand eers te sterwe moet kom voordat probleme op ons paaie ondersoek word nie. Ek meld elke week probleempunte by ons Ekurhuleni Metropolisie aan, maar telkens trek hulle net hulle skouers op en sê: It’s not my area!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.