Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê die botsing het Saterdagmiddag in Marineweg plaasgevind. Volgens Botha is die motorfietsryer en dié se passasier in die botsing dood.
Botha het gesê die bestuurder van die motor en ’n passasier het ligte beserings opgedoen, maar was erg getraumatiseerd. Hulle het nie behandeling nodig gehad nie.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Ek weet nie hoekom iemand eers te sterwe moet kom voordat probleme op ons paaie ondersoek word nie. Ek meld elke week probleempunte by ons Ekurhuleni Metropolisie aan, maar telkens trek hulle net hulle skouers op en sê: It’s not my area!!!